# ‘n Voormalige ANC-raadslid wat van moord beskuldig word, sal om borgtog aansoek doen wanneer hy vandag weer in die Barbertonse Landdroshof verskyn. Lede van die Valke het Lifa Blessing Nkosi vroeër die maand in hegtenis geneem in verband met die dood van ‘n polisiebeampte van die Nelspruit-polisiekantoor, Nkosinathi Lucky Ngwenya, en sy vriend, Jaftha Mnisi. Die polisie het vroeër hulle liggame vol koeëlwonde by ‘n taverne in Barberton aangetref.