Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig gevangenisse regoor die Wes-Kaap is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n witseerkeel-uitbreking. ‘n Negentienjarige gevangene is verlede week in die Pollsmoor-gevangenis aan die siekte dood, en agt bykomende positiewe gevalle is nou in afsondering. Die nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, verseker die publiek maatreëls is ingestel en die situasie is onder beheer. Thobakgale sê 243 gevangenes is ingeënt as deel van ‘n voortdurende veldtog om die verspreiding van die siekte te beperk:
Gevangenisse regoor die Wes-Kaap bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná witseerkeel-uitbreking [KLANK]