# Hannah Jacobus sê al het sy erken sommige prosesse met die keuring van nie-regeringsorganisasies was oorhaastig, behoort sy nie aanspreeklik gehou te word vir die dood van die psigiatriese pasiënte nie. Die voormalige adjunk-direkteur-generaal vir Geestesgesondheidsdienste in Gauteng, was weer ‘n getuie in die Life Esidimeni-geregtelike doodsondersoek, waar die onwettige uitreiking van lisensies aan NRO’s tydens die beëindiging van die Life Esidimeni-kontrakte onder die soeklig is. Jacobus het die voormalige direkteur van Geestesgesondheid, Makgabo Manamela, die skuld gegee:
Speel klankgreep: ENG-HannahJacobus