# Rebellevegters het ‘n getekende foto van koningin Elizabeth die tweede en prins Philip uit die jaar 2002 saam met ander aandenkings gevind in die stampvol skattekamer van die uitgesette Siriese leier, Basjar al-Assad. Die foto is geneem twee jaar nadat Assad president geword het, en voordat hy ‘n uitgeworpene geword het oor die onderdrukking van die pro-demokratiese Arabiese Lente-verset in 2011 en die daaropvolgende burgeroorlog. ‘n Motorhuis vol luukse motors, onder meer ‘n skaars Ferrari ter waarde van sowat 68-miljoen-rand, is ook ontdek.
Getekende foto van Assad en koningin Elizabeth II onder aandenkings in skattekamer in paleis