‘n Mobiele in vitro-bevrugtingslaboratorium, die eerste in die wêreld, is by die Universiteit van Pretoria onthul om minderbevoorregte gemeenskappe te help om toegang tot onvrugbaarheidsorg te kry. Dit is onthul tydens die Toegang-tot-onvrugbaarheidsorg-simposium. Die projek is in samewerking met die Hasselt Universiteit in België en die nie-winsgewende organisasie, The Walking Egg. Die waarnemende adjunk-direkteur van Mediese Wetenskap by die Steve Biko Akademiese Hospitaal se Reproduktiewe Biologie-laboratorium, Gerhard Boshoff, beklemtoon die doelwit is om gesteunde voortplantingstegnologie-dienste aan ekonomies benadeelde en onvrugbare paartjies in lae- en middelinkomste gemeenskappe te verskaf.
Gespesialiseerde mobiele laboratorium-kliniek sal minderbevoorregte gemeenskappe help om toegang tot onvrugbaarheidsorg te kry