# Nomthetheleli Mene is aangestel as die nuwe Oos-Kaapse provinsiale kommissaris. Die aanstelling word volgende Woensdag van krag. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Mene is bevorder tot luitenant-generaal en neem die leisels oor by Liziwe Ntshinga, wat nou nasionale adjunkkommissaris vir Misdaadopsporing is. Die 56-jarige Mene is in Humansdorp in die Oos-Kaap gebore en getoë en Mathe sê sy beskik oor ‘n magdom ervaring aangesien sy reeds 37 jaar in die polisiediens staan.