Skip to content

Gesondheidsdepartement belê primêre gesondheidsorgkonferensie [KLANK]

# Die Departement van Gesondheid bied hierdie week die Konferensie oor Primêre Gesondheidsorg in Oos-Londen, Oos-Kaap aan. Terugskouend oor 30 jaar van demokrasie sal die konferensie die rol van primêre gesondheidsorg bespreek om universele gesondheidsdekking teen 2030 te bereik. Nagenoeg 350 afgevaardigdes kom vandag en môre byeen, insluitend internasionale verteenwoordigers. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê byna 86-persent van Suid-Afrika se bevolking maak staat op primêre gesondheidsorg vir inklusiewe en kostedoeltreffende gesondheidsdienste: