# Die Bathurst 1820 Eeufeessaal in Ndlambe in die Oos-Kaap is vroeg vanoggend ernstig beskadig in ‘n verwoestende brand. Die munisipale bestuurder, Rolly Dumezweni, sê die brandweerdiens kon ‘n deel red waar die munisipale kantore is en dokumente gehou word. ‘n Bou-ingenieur is aangestel om die skade te bepaal en ondersoek na die oorsaak word ingestel.