# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensie-struktuur het alle maatreëls getref om te sorg vir veiligheid wanneer die staatsrede Donderdag in die Kaapstadse stadsaal gelewer word. Die woordvoerder van die eenheid, Athlenda Mathe, sê veiligheidsmagte is ontplooi om seker te maak van ‘n veilige omgewing. Mathe sê wetstoepassers sal hul plig volgens hul grondwetlike volmag uitvoer. Slegs die Suid-Afrikaanse Lugmag het gebruik van die lugruime om die stadsaal. Geen hommeltuie sal toegelaat word nie.