# Makadamia-boere het die bekende regskenner Gerrie Nel aangestel om hulle te help met die die vlaag neutdiefstalle. Makadamia Suid-Afrika het by hul algemene jaarvergadering besluit om AfriForum se privaat vervolgingseenheid, met Nel aan die hoof, aan te stel om onopgeloste sake van diefstal by makadamia-plase in Limpopo en Mpumalanga op te volg. Nel het tydens die vergadering gesê dis ‘n skande dat geen neutdiewe verlede jaar in hegtenis geneem is nie.