# Die George-munisipaliteit sê hulle wil dit duidelik stel dat geen alkohol wat op strande afgeneem word van die publiek deur die munisipaliteit gehou word nie. ‘n Woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê tot nou toe in die feesseisoen is drank ter waarde van meer as 15-duisend-rand teruggegee aan die mense wat alkohol op die strande verbruik het. Sy sê die raad oorhandig amptelik die alkohol waarop beslag gelê is aan die polisie. Die oortreder kan dit binne 30 dae afhaal. As niemand daarop aanspraak maak nie, word dit vernietig. Edwards-Klose maan strandbesoekers om nie alkohol te gebruik nie:
Speel klankgreep: ENG ChantelEdwardsKloseONBeachAlcohol