Skip to content

George-inwoners en -besoekers gewaarsku teen onstuimige seetoestande

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak een-waarskuwing uitgereik vir die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap waar onstuimige seetoestande wat deur sterk wind en hoë golwe veroorsaak word, tans voorkom. Die munisipaliteit sê mense word afgeraai om te swem en dit kan gevaarlik wees om met klein bootjies en ander vaartuie soos kano’s in die water te waag. Hy sê die naweek se springgety kan toestande vererger en die gevaar van sterk strome en stuwings verhoog.