Skip to content

Gemeenskapspolisiëringsforum veroordeel vandalisme by Rooihuiskraal-substasie in Centurion

# Die Gemeenskapspolisiëringsforum in Centurion het die vandalisme aan ’n stroombreker by die Rooihuiskraal-substasie veroordeel. Noodsaaklike toerusting soos ’n breker en kabels is gesteel wat groot skade by die substasie veroorsaak het. Die substasie voorsien gewoonlik elektrisiteit aan twee lyne, maar kon weens die vandalisme slegs aan een krag verskaf. Die forum se woordvoerder, Gordon Klopper, sê hulle het die stroombreker sowat 100 meter van die substasie gekry waar die diewe probeer het om die waardevolle koper-dele te verwyder.