Skip to content

Gemeenskappe deur mynbou geraak ruk op na Energie-departement

# Die burgerlike groep, Mining Affected Communities United in Action, lei vandag ʼn optog na die kantoor van die Departement van Minerale Bronne en Energie in Pretoria. Die doel is om ʼn griefskrif te oorhandig waarin geëis word dat gemeenskappe wat naby mynboubedrywighede woon, meer daarby ingesluit word. Die organisasie sê hy gaan nie geweld duld nie. Tshwane se metropolisie sal ontplooi word om die optog en al die strate wat geraak word, te monitor.