Skip to content

Geen krag na dele van Johannesburg ná Van Beek-substasie aan die brand slaan [KLANK]

# City Power sê groot vordering is gemaak met die herstel van die Van Beek-substasie in Johannesburg wat gister aan die brand geslaan het.  Dit het Doornfontein, Jeppestown, en omliggende gebiede sonder krag gelaat. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê werk om die beskadigde transformator  uitmekaar te haal, sal vanoggend begin. Hy voeg by as alles volgens plan verloop, kan hulle vandag alle verbruikers weer van krag voorsien: