# Die Gautengse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, lei môre die provinsiale regering se bekendstelling van die jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders by die Temba-stadion in Tshwane. Sy sal na verwagting planne uiteensit oor hoe Gauteng hierdie belangrike veldtog in die stryd teen geslagsgeweld sal hanteer. Die minister van Polisie, Bheki Cele, het onlangse in sy misdaadstatistieke bekend gemaak die hoogste aantal verkragtingsake is in die tweede kwartaal van die 2021/22-boekjaar in Temba aangemeld.