# Die Gautengse Onderwysdepartement gaan ‘n ongeregistreerde skool wat op ’n eiendom van 17 hektaar in Moreletapark bedryf word sluit. Volgens berigte vind onderrig by die skool, wat as White House bekendstaan, in onveilige toestande plaas. Die departement gaan saam met wetstoepassers ’n opvolgbesoek aan die skool bring omdat dit bedryf word ten spyte van kennisgewings dat dit moet sluit. Woordvoerder Steve Mabona het bevestig dat die skool onwettig is en verseker mense dat leerders by skole geplaas sal word wat regulasies nakom.
Gautengse Onderwysdepartement gaan onwettige skool in Moreletapark sluit