# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, sal na verwagting die bevindings van ‘n ondersoekverslag voorlê oor die omstandighede rondom die dood van ‘n jong leerder, Sibusiso Mbatha. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die ondersoekverslag sal by die Laerskool Khehlekile in Tokoza aan die skool se bestuurspan, beheerliggaam en die kind se familie voorgelê word. ‘n Onafhanklike regsfirma is aangestel om die departement met sy ondersoek by te staan. Hy sê die 12-jarige het homself glo opgehang nadat sy onderwyser na bewering homofobiese opmerkings teenoor hom gemaak het: