# Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevind die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, was nie betrokke by korrupsie rondom ‘n tender van miljoene rand nie. Die NVG het bevestig hy gaan nie vervolg word na aanleiding van beskuldigings dat hy 185-duisend-rand ontvang het van ‘n tender van 27-miljoen-rand waarby die gewese ANC-woordvoerder, Pule Mabe, betrek word nie. Chiloane beplan regstappe teen Mail & Guardian vir beweerde onetiese beriggewing. Die departement sê die bewerings was polities gemotiveer en Chiloane bly gefokus op diens aan leerders.
Gautengse LUR vir Onderwys nie betrokke by tender-korrupsie