# Die Gautengse LUR vir Menslike Nedersettings en Infrastruktuurontwikkeling, Lebogang Maile, gaan vandag meer as 200 huise oorhandig, by die Sedibeng-distriksmunisipaliteit en die Emfuleni-munisipaliteit. Altesaam 112 huise sal aan begunstigdes van die Lethabong-projek in Sedibeng oorhandig word, en 111 huise in Sebokeng Uitbreiding 30. Die departement sê die Lethabong-projek, Sebokeng Uitbreiding 30, en Uitbreiding 28, vorm deel van die Boiketlong Mega-projek, wat uit meer as 12-duisend gemengde behuisingseenhede sal bestaan wanneer dit voltooi is.
Gautengse LUR vir Menslike Nedersettings oorhandig huise in Emfuleni