# Gauteng se LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, lei vanmiddag in Soweto ʼn vergadering met verskillende rolspelers. Hulle sal fokus op die nakoming en toepassing van voedselveiligheidsmaatreëls. Die land bekamp tans ʼn uitbreking van voedseloordraagbare siektes. Meer as 20 kinders in Gauteng is dood nadat hulle vermoedelik giftige kos by spazawinkels gekoop het. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die LUR sal ook inspeksies doen by plaaslike spazawinkels en supermarkte om seker te maak dat hulle regulasies nakom:
Gautengse LUR vir Gesondheid lei vergadering oor voedselveiligheid [KLANK]
ENG ModibaOnFoodSafety