# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Matome Chiloane, het die stigter van die Crown Gospel-toekennings se bydrae tot die gospel-bedryf geloof. Zanele Mbokazi-Nkambule is vanoggend in die Parklands-hospitaal in Durban dood nadat sy in Mei met longkanker gediagnoseer is. Chiloane verwys ook na verlede jaar se geslaagde geleentheid toe dit die eerste keer in Gauteng aangebied is. Hy het meegevoel betuig met Mbokazi-Nkambule se naasbestaandes, die gospelmusiek-gemeenskap, en al haar aanhangers.
Gautengse LUR prys stigter van Crown Gospel-toekennings se rol in groei van gospel-talent