Skip to content

Gautengse Gesondheidsdepartement waarsku teen voortslepende aanvalle op paramedici

# Die Gautengse Gesondheidsdepartement waarsku dat voortslepende aanvalle op paramedici wat op noodgevalle reageer, blywende gevolge vir gemeenskappe gaan inhou. ʼn Man is onlangs tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die ontvoering, aanranding en kaping van vier nooddiensbeamptes in Julie verlede jaar. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hierdie vonnis stuur ʼn streng boodskap aan misdadigers wat gesondheidswerkers teiken wanneer hulle hul pligte uitvoer.