Skip to content

Gautengse Gesondheidsdepartement begin sy Ek Dien Met ‘n Glimlag-veldtog [KLANK]

# Die Gautengse Gesondheidsdepartement stel vandag sy ‘Ek Dien Met ‘n Glimlag’-veldtog bekend om pasiënte se ervaring en personeel se houding te verbeter. Daar was in die tweede kwartaal van die 2023/24-boekjaar 748 klagtes en die projek wil ontevredenheid onder pasiënte verminder, uitnemendheid met diens bevorder en die moraal onder gesondheidsorgwerkers bevorder. Die hoof van Kommunikasie, Motalatale Modiba, sê daar was ‘n positiewe verandering en die negatiewe houding onder personeel het van 34- tot 31-persent gedaal. Hy sê die departement sal werkgeleenthede by Nasi iSpani binne die gesondheidstelsel tentoon stel: