# Die Gautengse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling het verbruikers wat worstel met finansiële uitdagings versoek om verantwoordelik te leen en ongeregistreerde kredietverskaffers te vermy. Die direkteur van die departement, Milly Viljoen, waarsku hierdie onwettige leners hef dikwels te veel rente. Suid-Afrikaners word aangeraai om kredietverskaffers te verifieer by die Nasionale Kredietreguleerder en om hul regte ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming te ken. Sy het beklemtoon lenings by ongeregistreerde verskaffers vererger finansiële probleme.
Gauteng versoek verbruikers om met wysheid te leen en onwettige kredietverskaffers te vermy