Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Gauteng se LUR vir Gemeenskapsveiligheid sê polisie-sigbaarheid sal verskerp word in Sophiatown

# Gauteng se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, sê polisiesigbaarheid sal verskerp word in Sophiatown en die omliggende gebiede nadat die polisie en die gemeenskap ooreengekom het om saam te werk om misdaad te beveg. Die afgelope paar maande is verskeie verdagtes in Sophiatown en die omliggende gebiede gearresteer en skuldig bevind aan misdade wat moord, poging tot moord en dwelmhandel insluit. Mazibuko sê, meer polisielede op die grond sal misdaad help verminder en inwoners help veilig hou.