# Gauteng se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo, sê die provinsie het begin met die gebruiklike somer-inlywingseisoen. Die provinsie se Inlywings-koördineringskomitee het altesaam 149 tradisionele inlywingskole in die vyf streke vir bedryf goedgekeur. Mamabolo sê al die skole behoort teen 14 Januarie hulle leerplan afgehandel te hê. Hy vra ook voornemende inlywingskole om aansoek te doen om permitte vir die winter-inlywingseisoen voor die sluitingsdatum van 31 Januarie.
Gauteng se LUR vir Samewerkende Regering kondig begin van inlywing-seisoen aan