Skip to content

Gauteng se Gesondheidsdepartement besorg oor hoë aantal selfdoodpogings op Oujaarsaand

# Die Gautengse Gesondheidsdepartement is ontsteld omdat die provinsie se nooddiens op meer as een-duisend-500 voorvalle moes reageer, meesal selfdoodpogings. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, lig ‘n toenemende styging in selfdoodpogings uit en sê dit het net op Oujaarsaand die departement se normale rekord oorskrei. Die meeste gevalle is aangemeld in Ekurhuleni en dele van Bekkersdal. Nkomo-Ralehoko skryf die toename in die provinsie se selfdoodkoers toe aan maatskaplike uitdagings.