Skip to content

Gauteng se Departement Vervoer erken oorvleueling van taxi-roetes in Soweto

# Die Gautengse Departement van Vervoer het erken die oorvleueling van taxi-roetes in Soweto het gelei tot ‘n geskil tussen die Witwatersrands Afrika-taxi-vereniging en die Nancefield Dube Wes-vereniging. Die verenigings is haaks oor bedryfspermitte en roetes. Die departement se woordvoerder, Theo Nkonki, sê as deel van die oplossing van die geskil beplan hulle om die roetes waaroor die stryd gaan en die bedryfslisensies aan te pas, om duplisering te vermy.