# # Gauteng se Departement van Paaie en Vervoer het die uitspraak in die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom oor ‘n hersieningsaansoek deur onsuksesvolle bieërs vir ‘n interdik teen die toekenning en finalisering van ‘n tender. Die tender is vir die bouwerk aan die Vaal River City-wisselaar in Vanderbijlpark in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit. Dit is aan Ditshimega Projects and Training toegestaan, maar die bieërs glo die departement se besluit is ‘n afwyking van die gepubliseerde vereistes. Die departement sê egter die proses om die tender toe te ken was regverdig.
Gauteng se Departement van Vervoer verwelkom uitspraak oor tender vir Vaalrivier-wisselaar