# Die DA se skadu-LUR vir Gesondheid, Jack Bloom, sê Gauteng se provinsiale regering betaal die regskoste van die senior amptenare wat gedagvaar is om in die Life Esidimeni-ondersoek te getuig. Die ondersoek wil vasstel wat die dood van 144 geestelik gestremde pasiënte veroorsaak het. Volgens Bloom het die premier van Gauteng die inligting bekend gemaak in antwoord op sy vraag in die Gauteng-wetgewer. Bloom sê die amptenare behoort hul eie regskoste te betaal:
Speel klankgreep: ENG legal fees