# Gauteng se LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, het bevestig die provinsie is ten volle voorbereid vir die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens van 21 Oktober tot 27 November. Chiloane het die jongste inligting bekend gemaak oor leerderplasing en eksamengereedheid by Parktown Girls High School in Johannesburg. Die LUR sê meer as 192-duisend kandidate het vir die eksamen geregistreer en meer as eenduisend sentrums is geregistreer vir eksamenaflegging: