Skip to content

Gauteng Gemeenskapsveiligheidskomitee gaan Rabie Ridge-polisiestasie besoek

# Die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid gaan vandag ‘n toesigbesoek aflê by die Rabie Ridge-polisiestasie in Tembisa. Dit is om ondersoek in te stel na die voorkoms van boendoehowe en stygende misdaadvlakke in die polisiëringsgebied. Verlede maand is vyf mans in Rabie Ridge vermoor. Na verneem word, is die mans gestenig in ‘n boendoehof-voorval. Die komitee sê hy sal met die polisie in gesprek tree oor die gemeenskap se gebrek aan vertroue en die toename in misdaad.