# Freedom Under Law doen regstappe teen die Regterlike Dienskommissie se besluit om slegs twee kandidate aan te beveel vir vier vakatures in die Appèlhof. Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet het ‘n skriftelike verduideliking van die RDK oor hierdie besluit aangevra. Die RDK is onthuts nadat rassisme, onvoldoende stemme en swak prestasie as redes aangevoer is waarom kwalifiserende kandidate nie na verlede maand se onderhoude aangestel is nie. Freedom Under Law beskou die RDK se verduidelikings as ontoereikend.
Freedom Under Law neem kommissie se besluit oor Appèlhof-aanstelling op hersiening