# Die Franse president, Emmanuel Macron, het hom verbind tot die besteding van meer as 20-miljard-rand aan navorsing van nou tot 2030, te midde van kommer oor smeltende pool-ys en gletsers. Die lot van die aarde se poolstreke en gletsers het volgens berigte groot bekommernis veroorsaak by talle wetenskaplikes, want hittegolwe gaan blykbaar nou gereeld by albei pole voorkom. Wetenskaplikes waarsku die helfte van die wêreld se 200-duisend gletsers kan teen die einde van die eeu verdwyn. Macron sê dit is ‘n bedreiging wat dringende aandag nodig het.
Franse president beloof R20-miljard vir navorsing oor smeltende poolys