Skip to content

Frankryk vergroot skuld verder met eerste minister wat nuwe regering aanwys

# Frankryk se staatskuld het in die derde kwartaal verder gegroei, ‘n verdere uitdaging vir die nuwe eerste minister, Francois Bayrou, wat besig is om ‘n regering te benoem. Die Eurosone se tweede grootste ekonomie het 1,4-duisend-miljard-rand by sy berg skuld gevoeg. Staatdiens-skuld verteenwoordig 113,7-persent van die bruto binnelandse produk in die tydperk tussen Julie tot September, aansienlik meer as die 60-persent-perk van die Europese Unie. Bayrou sê hy hoop om teen die naweek, of op die laatste teen Kersfees ‘n regering te benoem om die land uit sy politieke dilemma te lei.