# Frankryk het meer as 600-duisend pluimvee weggemaak in ‘n dringende poging om die voëlgriep-virus te beheer. Die minister van Landbou het uitbrekings by 26 fabrieksplase in die suid-weste aangemeld en nog 15 gevalle in wilde voëls en drie op plaaswerwe. België en Brittanje het ook verlede week uitbrekings aangekondig, waarin 100-duisend diere aan die virus dood is.