Skip to content

Foto van slapende ysbeer op ysberg wen toekenning

# Die Britse amateur-fotograaf, Nima Sarikhani, is vanjaar aangewys as die People’s Choice-toekennings se Natuurlewe-fotograaf van die Jaar. Sy wenfoto met die titel, Ice Bed, is van ʼn slapende ysbeer wat opgekrul op ʼn ysberg lê. Dit is by Noorweë se Svalbard-eilandgroep geneem. Die foto is uit ʼn kortlys van 25 foto’s gekies wat uit ongeveer 50-duisend inskrywings saamgestel is. Sarikhani sê hy hoop die foto inspireer hoop dat daar nog tyd is om die klimaatsprobleem wat mense veroorsaak het, op te los.