# Die Universiteit van Fort Hare se Menslike Bewegingwetenskapdepartement het saamgewerk met die Uppsala-universiteit in Swede, aan ‘n navorsingsprojek om kindergesondheid te bevorder. Dit spreek toenemende kinderwanvoeding in die Oos-Kaap aan. Die Universiteit van Fort Hare sê die inisiatief pak beide dwerggroei en vetsug, met ‘n besondere fokus op die rol van mikronutriënttekorte, wat ongeveer 33-persent van kinders in die streek raak. Altesaam 324 kinders is sedert 2021 dood aan akute wanvoeding.
Fort Hare en Uppsala-universiteit in Swede werk saam om kinderwanvoeding te keer