Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Formele ondersoek na die dood van 21 by Enyobeni-taverne moet nog begin

# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê ‘n formele ondersoek na die dood van 21 jongmense by die Enyobeni-taverne moet nog by die Mdantsane-streekhof in die Oos-Kaap begin. Dit volg nadat die Streekhof in Oos-Londen gister die eienaars van die taverne skuldig bevind het aan die verkoop of voorsiening van alkohol aan mense jonger as 18. Die hof het bepaal die eienaars het versuim om met omsigtigheid op te tree om te verhoed dat minderjarige kinders die kroeg besoek. Die twee word môre gevonnis.