# Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid sê die instelling van die tweepotaftreestelsel was ‘n sukses, met 3,15-duisend-miljard-rand se bates wat deur 887 fondse bestuur is. Die hoof van die owerheid se Aftreefondse-gedragstoesig, Corlia Buitendag, skryf die sukses toe aan samewerking tussen die pensioenfondsbedryf, die Nasionale Tesourie en die Inkomstediens. Sy sê die stelsel het aansienlike onttrekkings beleef, met meer as 35-miljard-rand wat aangevra is, terwyl uitdagings met belastingvoorskrifte, onakkurate data en vertragings steeds hersien word.
Finansiële Sektor Gedragsowerheid loof sukses van tweepotaftreestelsel