# Die omgewingsorganisasie 350Africa! beywer hom vir beleggings in Afrika se billike energie-oorgang na hernubare energie en versoek finansiële instellings en ontwikkelde lande om daarin te belê. Tydens die bekendstelling van sy REPower Afrika-veldtog het die omgewingsorganisasie die noodsaaklikheid van beleid en aansienlike beleggings in hernubare energie beklemtoon. Die senior organiseerder, Rukiya Khamis, wys daarop dat finansies die grootste hindernis is en sy doen ‘n beroep op welvanrende lande om hernubare energie-inisiatiewe te steun. Die REPower Afrika-veldtog stel gemeenskapsgedrewe projekte in Oeganda en Tanzanië ten toon en bevorder hernubare energie as ‘n volhoubare en werkskeppende alternatief vir fossielbrandstowwe.
Finansiële instellings en ontwikkelde lande gevra om in Afrika se billike oorgang na hernubare energie te belê