# Fietsry: Richard Carapaz van Ecuador het die 17de skof by die Tour de France gewen en ʼn Grand Tour-driekuns behaal nadat hy ook by die Giro d’Italia en Vuelta a Espana skofte gewen het. Die Education-EasyPost-fietsryer het 37 sekondes voor die Brit, Simon Yates, klaargemaak en die eerste man van sy land geword wat ʼn Tour de France-skof wen. Die algehele voorloper, Tadej Pogacar van Slowenië, het 27ste klaargemaak. Hy het wel sy voorsprong bo die tweemalige verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard van Denemarke, met twee sekondes verbeter.
Fietsry: Richard Carapaz maak geskiedenis toe hy 17de skof by Tour de France wen