# Die speaker van die Stad Tshwane se raadskantoor het fase een van die stigting van wykskomitees suksesvol afgehandel. Die rol van wykskomitees is om gemeenskappe se deelname te bevorder, die munisipaliteit in te lig oor inwoners se behoeftes en inwoners in kennis te stel van munisipale bedrywighede. Fase een het verband gehou met burgerlike opvoeding en bewustheid. Die stad sê die tweede fase is die benoemingsproses. Elke wyk moet ses tot tien lede kies om op die wykskomitee te dien en die wyksraadslid by te staan om hul mandaat uit te voer.
Fase een van wykskomitees se stigting in Tshwane afgehandel