Eskom het amptelik die eerste van sy agt projekte vir batterykrag-opbergingstelsels in bedryf gestel. Dit is deel van die eerste fase van ‘n program wat deur die Wêreldbank befonds word om batterye met ‘n gesamentlike opbergingsvermoë van 199 megawats aan die netwerk te koppel. Die eerste projek is op Eskom se verspreidingsnetwerk in Worcester in die Wes-Kaap en gebruik batterye wat deur Hyosung van Suid-Korea verskaf word. Eskom het intussen die tweede fase waarmee hy nog 144 megawatt van ‘n batterykrag-opbergingstelsel oor vier persele wil voorsien, voorlopig uitgestel omdat hy nog op duidelikheid deur die Nasionale Tesourie wag.
Fase 1 van Eskom se projekte vir batterykrag-opbergingstelsels skop af