Die uitvoerende hoof van die beleggingsbestuursmaatskappy Everest Wealth, Thys van Zyl, waarsku oor skerp stygings in skoolgeld en mediese fondstariewe vir volgende jaar. Van Zyl beskryf dit as nog ‘n na-skok van die Covid-19-pandemie. Sommige skole en mediese fondse het dubbelsyfer-verhogings vir 2024 aangekondig. Van Zyl sê tydens die pandemie kon baie ouers nie skoolfooie bekostig nie of hulle het nie betaal nie omdat hulle kinders tuis gebly het, en goeie betalers het slege betalers geword. Hy moedig verbruikers aan om te kyk na maniere waar hulle kostes kan sny en moontlik geld kan spaar.
Everest Wealth se bedryfshoof waarsku oor skerp stygings in skoolfooie in 2024