Skip to content

EU ontneem Hongarye sy reg om komende hoëvlakvergaderings aan te bied

# Hongarye het die Europese Unie se besluit om sy volgende vergaderings van buitelandse en verdedigingsministers van Boedapest na Brussel te verskuif, as uiters kinderagtig beskryf. Die verskuiwing is weens die Hongaarse eerste minister, Viktor Orbán, se standpunt oor die oorlog in Oekraïne. Hy het onlangs gesê die EU volg ʼn pro-oorlogsbeleid met sy ondersteuning aan Oekraïne. Die Europese Raad se president, Charles Michel, het Orbán se bewerings verwerp en sê Rusland is die aggressor en Oekraïne die slagoffer wat sy wettige reg tot selfverdediging uitoefen.