# Die Verenigde State van Amerika het Ethiopië, Mali en Guinee uit ‘n belastingvrye handelsprogram gesny, weens beweerde menseregteskendings en onlangse staatsgrepe. Die VSA se handelsverteenwoordiger sê hulle het dié drie lande uit die Afrika Groei- en Geleentheids-wet weggelaat. Amerika is diep bekommerd oor die growwe skendings van internasionaal-erkende menseregte, wat gepleeg word deur die regering van Ethopië en ander partye, tydens die konflik wat steeds uitbrei. Hy keur ook nie die ongrondwetlike veranderings in die regerings van Guinee en Mali goed nie.