# Die eThekwini-munisipaliteit werk aan ‘n vyfpuntplan om die tekort aan ruimte vir grafte op te los. Daar word onder andere grond aangewys vir nuwe begraafplase. Volgens berigte kon die munisipaliteit nie meer voldoen aan die vraag na plek om mense te begrawe nie. Meer as drieduisend mense word tans maandeliks in die stad begrawe teenoor 700 in normale omstandighede. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê gemeenskappe is huiwerig om ander metodes te oorweeg.