Skip to content

Esther Mahlangu se geskiedkundige kunswerkmotor sal by die Iziko-museums in Kaapstad uitgestal word

# Die ikoniese BMW met kunswerke van die bekende Ndebele-kunstenaar, Esther Mahlangu, vind reeds meer as ʼn dekade internasionaal byval en gaan nou in Suid-Afrika ten toon gestel word. Die meesterstuk word volgende jaar by die Iziko-museums in Kaapstad vertoon. Mahlangu se kunswerk, wat op ‘n BMW 525i geskep is, is dwarsoor die wêreld uitgestal, in galerye van die Nasionale Museum van Vroue in die Kunste in Washington DC tot in New York en Hong Kong. Hierdie opdragwerk van BMW het aan die 88-jarige kunstenaar ‘n platform gegee om haar skeppende nalatenskap wêreldwyd uit te brei.